600+ flower species

A free mobile app developed to assist anyone in quickly identifying wild flowers in the West Coast, Cederberg, Nieuwoudtville and Namaqualand regions.

...

600+ species

This app covers 210 genuses within 56 families. 1800+ images of 616 species make identification of flower species very quick and easy. Use different parameters for species colour, shapes, sizes and region, to find your match.

Detailed information

Scientific names as well as regional names are listed with flower colour, size and shape. Details also include region, season, habitat and the SANBI red list. Macro photography, folk names, interesting facts and uses all deliver a very interesting and delightful experience.

Free to use

This app is free to use for anyone! From the education, tourism to agriculture industry, the app allows easy identification and bookmarking. This app also comes highly recommended if you plan to visit the Clanwilliam Wildflower Show 2022.

Advertise

The app aims to increase awareness, research and conservation of our rich floral kingdom and uniqueness. You can support this by donation. Or advertise your business through different options in-app, for a small annual fee. Preference will be given to local businesses, nurseries and conservation supporting ventures.

Send us feedback

If you have any improvement suggestions to bring you a better user experience, please send us your suggestions. If there is perhaps information missing or a certain species not listed, please point that out to us, so that it can be incorporated into the next update. In the meantime, find and follow us on social media.

Contribute

The app is written in ReactJS and
Ionic framework is used for Android builds.
If share a passion and love for nature
and would like to contribute to the codebase
please contact us by e-mail ;)

Use wherever the flowers grow.
No internet required.

600+ spesies

Die geselekteerde area is wêreldwyd bekend vir 'n kleurtapyt gedurende Augustus en September maand. Daar is nie net plate en plate blomme van enkele spesies nie, maar 'n groot rykdom aan 'n verskeidenheid blomspesies. Die toepassing dek tans 210 genusse binne 56 families. 1800+ Foto's van 616 spesies maak die identifisering van veldblomspesies maklik en vinnig. Die gebruiker kan deur middel van veranderlikes soos kleur, blomvorm, blomgrootte, plantgrootte en streek die spesie op die toepassing soek en foto's wat die soekresultate vergesel maak identifikasie makliker.

Gedetaileerde inligting

Wetenskaplike name, sowel as streeksname (waar beskikbaar) is gelys saam met die blomkleur, -grootte en –vorm. Daar word ook gekyk na die plant se hoogte en die blaarvorm. Icons maak die toepassing gebruikersvriendelik en is vele inligting met een oogopslag beskikbaar. Verdere inligting beskikbaar is die blomtyd, habitat en streek waar dit voorkom, asook SANBI se Red List data. Die close-up foto's van elke spesie maak identifikasie soveel makliker. Interessante gebruike/feite is ook gelys – waar kom die volksnaam bobbejaantjie, broodbos of rotstert vandaan?

Gratis

Beskikbaar vir alle natuurliefhebbers, veldgidse, toergidse, navorsers, leke, landbouers en skoliere. Of jy in die veld of klaskamer is, identifikasie van spesies is maklik en vinnig. Die boekmerk funksie is handig om spesies gesien, af te merk of as latere verwysing te gebruik. Of jy nou 'n kranige stapper, kampeerder of blomkyker is, hierdie toepassing kan jou uitstappie nog interessanter en selfs leersamer maak. Vir die landbouer wat bewaringsbewus wil verbou is hier 'n ideale plantidentifiserings toepassing. Die nommer-soek funksie is ook handig by die jaarlikse Veldblomskou in Clanwilliam.

Adverteer / borg

Die toepassing het ten doel om bewusmaking en bewaring van die rykdom en uniekheid van spesies aan te moedig. Ondersteun die proses van bewusmaking, bewaring en navorsing met jou donasie of borgskap. Of adverteer jou besigheid vir so min as R200 binne-in die toepassing. Voorkeur word gegee aan streeksbesighede, kwekerye en bewaringsondersteunende maatskappye.

Terugvoer

Ons hoor graag van jou as blom- en natuurliefhebber vir enige voorstelle vir toekomstige gebruik. Is daar 'n spesie wat nie gelys is nie, waaroor jy wonder? Stuur asb foto's, ons kan dalk help met identifikasie. Ons beoog om die spesie lys voortdurend op te dateer. Intussen geniet die reis en volg Clanflora op sosiale media!

About Clanflora / Oor Clanflora

Two flower and nature lovers, one with a camera (Marietjie) and the other with a PC (Jeanette), living in the flora splendour of this region.

Clanflora het sy ontstaan by twee blom en natuurliefhebbers, een met 'n kamera (Marietjie) en die ander een met 'n rekenaar (Jeanette), woonagtig in die hartjie van die blomwêreld. Om veldblomme te identifiseer is dikwels nie maklik vir die leek. Beweeg jy tussen verskillende streke, bemoeilik dit jou taak nog meer. Verskeie uitstekende boeke is beskikbaar om veldblomspesies te identifiseer, maar die saamdra daarvan nie altyd so gerieflik. Clanflora poog nie om enige boeke te vervang nie! Dit bly 'n onmisbare bron in die natuurliefhebber se boekrak. Met tegnologie egter op almal se voorstoep, is 'n toepassing vandag die aangewese middel om te gebruik in die veld, tuis of in die klaskamer. Ons wens is dat jy saam met ons opgewonde sal raak oor elke blomspesie, die fyn detail in die Skepping en bewaring sal toepas, aanmoedig en oordra aan nuwe generasies, waar jy ookal beweeg.

Contact us / Kontak ons

Social media (@clanflora) / WhatsApp (O76 822 16OO) / admin@clanflora.co.za

Download / Laai af